Welkom by GloMedia.tv

MEER OOR ONS

WAAROM GLOMEDIA?

Hier kan jy:

  • jou kleuter los Iaat om meer te leer oor God en Sy Woord;
  • jou geloof- en lewensvrae deel, sodat dit deur ‘n paneel van deskundiges vanuit die kerk beantwoord word;
  • opnuut versterk word deur jou medegelowiges se stories van hoop en geloof;
  • toegerus word vanuit die Bybel om aan elkeen ‘n antwoord te kan gee oor die hoop wat in jou lewe;
  • ‘n Bybelse perspektief kry oor aktuele sake;
  • kyk hoe kenners die groot vraagstukke van ons tyd bespreek;
  • daagliks inspireer word deur dagstukkies; en vele meer.

Die kerk speel ‘n kritieke rol in die lewens- en wêreldbeskouings van Suid-Afrikaners en is aktief besig om geleenthede te soek om die Christelike leer en die betekenis daarvan uiteen te sit vir die kerk se eie gemeentelede en die Evangelie uit te dra na plekke en mense wat dit nie ken nie of ‘n gebrekkige kennis daarvan het.

‘n Belangrike manier om meer mense en plekke te bereik is die skep van Christelike videomateriaal van uitsaaikwaliteit, wat gelowiges van jonk tot oud gaan inlig, toerus, bystaan, vermaak, inspireer en fassineer op ‘n digitale mediaplatform wat maklik bereikbaar is. So kan die kerke uitreik na mense wat min weet van die Woord van God, maar ook sy eie gemeentelede en ander Christene op ‘n gebruikersvriendelike manier versterk in hulle geloof en uitlewing van hulle Christelike lewens en wêreldbeskouing.

HOE WERK DIT

Enige tyd, enige plek beskikbaar.

In ‘n tegnologiegedrewe wereld, word aanlynbediening by die dag belangriker. GloMedia.tv bied interessante, bybelgetroue, vermaaklike en opvoedkundige video-inhoud wat gesond is vir jou siel! Kyk op jou rekenaar, jou selfoon of ander slimtoestel. Dagstukkies is gratis. Teken aan om alles te kan kyk.

Nes ander, bekende videoplatforms, kan jy maandeliks by GloMedia.tv inteken vir slegs R49 per maand vir drie toestelle. Anders as ander, bekende videoplatforms, verskaf GloMedia.tv inhoud wat mense emosioneel en geestelik opbou. Dit is leersaam en heilsaam! Met GloMedia.tv hoef jy glad nie bekommerd te wees dat die videos wat jou kind kyk dalk verkeerde fondamente lê nie. Jy kan boonop help om inhoud vir die platform te genereer deur jou geloofsvrae deur die platform aan te stuur. Jy is waarskynlik nie die enigste een wat worstel met ‘n vraag nie. Ons kry dan kenners om oor jou vraag te gesels. Ken jy iemand wet graag meer oor die Bybel en geloof wil leer? Borg sy subskripsie. Dit is so maklik soos om ‘n geskenkbewys te koop.

GEREELDE VRAE

Hoeveel kos dit?

Die eerste sewe dae is gratis, daarna kos GloMedia.tv R49 per maand.

Kan ek slegs met my kredietkaart betaal?

‘n Kredietkaart of debietkaart vir ‘n tjekrekening sal werk!

Wanneer betaal ek?

Wanneer jy jou profiel opstel, sal ons jou besonderhede vra. Betalings geskied deur Payfast, ‘n veilige aanlyn-betaalplatform. Betalings is vooruit (maandeliks of jaarliks). Jou eerste sewe dae is egter gratis!

Kan ek namens iemand anders betaal?

Ja, binnekort! Ons gaan dit eersdaags moontlik maak dat jy ‘n geskenkbewys kan koop wat iemand anders in staat stel om GLOmedia te kyk! Byt vas, ons werk daaraan!

Ek wil kanselleer

Gaan na jou Payfast-rekening en staak die betaling enige tyd. Jy bly in beheer! Maar ons gaan jou mis!

Ek het my wagwoord vergeet

Moenie bekommerd wees nie. Klik net hier: https://glomedia.tv/forgot_password